
Ronell Erasmus | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Ronell Erasmus is ‘n Suid Afrikaanse sangeres wat meestal geestelike liedere sing. In 2008 wen haar album, Amen, Huisgenoot se Tempo-toekenning vir die gewildste gospelalbum.

Diskografie
U Is Almagtig – 2019
Blommetuin – 2015
God Is Die Lig – 2013
Hemelwoorde, 2010
Die Klokke Lui CD/DVD – 2008
Sing Kersliedere – 2008
Amen – 2008
Ek Weet U Weet – 2007
Kom Sing Saam Met Kareltjie Kameelperd – 2000
Lied Van Die Here
Lof, Eer & Heerlikheid CD & Geestelike Gunstelinge DVD
3 – Mooiste Treffers op Klavier
2 – Mooiste Treffers op Klavier
1 – Mooiste Treffers op Klavier
Amazing Grace CD & Geestelike Gunstelinge DVD
Lekkerkry Boereklavier
Liefdesklavier Vol 2
Liefdesklavier Vol 1
U Laat My Lewe
My Geestelike Gunstelinge DVD
Liedjies wat die kerk sing Vol 1
Lof, Eer & Heerlikheid
Amazing Grace
Halleluja!
Dans Met My
Afrikaanse Liefdes Klavier Liedjies
Hoe Groot Is U
Rassie se Boereklavier
Houtkruis En Ander Treffers
Liefdesklavier
Chardonnay
Liefdesklavier 2: 22 Romantiese country treffers
Biografie
Ronell Erasmus is ‘n Suid Afrikaanse sangeres wat meestal geestelike liedere sing.
In 2008 wen haar album, Amen, Huisgenoot se Tempo-toekenning vir die gewildste gospelalbum.
Sy het haar loopbaan met die plaaslike sanggroep Touch Of Class begin. Sy het later haar loopbaan aan evangelie toegewy.
Die vgospelsangeres het geen bekendstelling nodig nie. Haar elf geestelike albums het al die harte van soveel aanhangers geroer.
En deur haar musiek die tuistes van duisende met ‘n passie vir die Here gevul.
Sy is ‘n gesiene vrou in die musiekwêreld, maar sy het nes elke hoopvolle musikant klein begin.
In 1992 het Ronéll se deurbraak in die vorm van die groep, Touch of Class saam met die gewilde kitaarspeler, Deon van der Merwe verskyn.
Die duo se treffersnit, Ek en my meisie het opslae gemaak en die groep op die Suid-Afrikaanse trefferparades geplaas.
Na jare is die twee sangers steeds goeie vriende waar hulle gesamentlik die musiekmaatskappy, Fantasia Musiek bestuur.
Ondanks die feit dat sy as ‘n musiek-guru geag kan word en die unieke talent van perfekte gehoor(“perfect pitch”) bemeester het, is die blou-oog sangeres se voete stewig op die grond gevestig.
Suid Afrikaanse Kunstenaars
