
Wynand en Cheree | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Wynand & Cheree, die getroude sangpaartjie, is ‘n Suid Afrikaanse duo. Hulle het afsonderlik al tientalle treffers gehad en saam het hulle al meer as 100 000 eenhede verkoop!
Daar is dus meer as ‘n 100 000 redes vir hulle om kragte saam te span om sodoende ‘n wyer gehoor te tref.

Diskografie
So Onthou Ons the Highwaymen – 2014
So Onthou Ons Ons Gunsteling Duette – 2015
Biografie
Wynand en Cheree, die getroude sangpaartjie, is ‘n Suid Afrikaanse duo. Hulle het afsonderlik al tientalle treffers gehad en saam het hulle al meer as 100 000 eenhede verkoop!
Daar is dus meer as ‘n 100 000 redes vir hulle om kragte saam te span om sodoende ‘n wyer gehoor te tref.
Wynand Strydom is ‘n sanger met ‘n diep basstem. Hy matrikuleer in 1993 van die Hoërskool Oos-Moot. Hy het veral bekendheid verwerf vir sy treffer Katrina.
Hulle is op 4 April 2010 getroud in hulle tuisdorp, Langebaan in die Weskus.
Chereé is ook ‘n Suid Afrikaanse country-sangeres. Haar debuutalbum, Chereé, is in 1999 uitgegee. Van haar treffers sluit in Mamma, Jy het my Hart Gesteel en Dertig Dae In Die Somer.
Cheree se album Wilde Waters is in 2019 uitgegee en het haar met vele Nr 1 posisies op verskeie radiostasies gehad. Sy het ook ‘n hele paar toekennings met hierdie album ingepalm.
Suid Afrikaanse Kunstenaars