
Wynand Strydom | Suid Afrikaanse Kunstenaars
Wynand Strydom is ‘n Suid Afrikaanse sanger. Hy is gebore om te sing en die noodlot sou niks anders toelaat nie!
Nie is sy wildste drome het die Aardrykskunde onnie, Wynand Strydom, gedink hy kan sy bestaan maak met sy sangstem nie.

Diskografie
Skielik Is Jy Vry – Sing Die Musiek Van Koos Du Plessis – 2018
Katrina Dis ‘n Manne Ding – 2017
Oseaan Se Blou – 2012
Vir My & Vir Jou – 2010
Vasgevang In My – 2008
Dit is ons lewe, saam met Chereé – 2007
Pyltjies innie sand CD/boek, saam met Francis Grobler – 2007
Pamperlang – 2006
Koos wie? – 2005
Hoekom – 2004
Anders – 2003
Biografie
Wynand Strydom is gebore om te sing en die noodlot sou niks anders toelaat nie! Nie is sy wildste drome het die Aardrykskunde onnie, Wynand Strydom, gedink hy kan sy bestaan maak met sy sangstem nie.
Maar die wegholsukses van sy album, Hoekom, het hom oornag een van die gunsteling diep stemme van Suid Afrika gemaak.
As ‘n student was Wynand deel van die Tukkies Accapella groep, G-String, en het hy sy eerste onafhanklike album, Anders, op die aandrang van familie en vriende opgeneem.
Talentsoekers het hom raakgesien en Maroela Music het hom ‘n platekontrak aangebied.
Sy goue album, Hoekom, was in 2005 vrygestel en die treffer, Katrina, het hom oornag alombekend gemaak.
Die noodlot het sy sin gekry en Wynand was gedwing om die onderwys vaarwel te roep om ‘n loopbaan in musiek uit te kerf. Hy het nog nooit terug gekyk nie!
Verskeie albums het gevolg, onder andere Koos Wie?, wat ‘n samestelling van die musiek van Koos du Plessis en Koos Kombuis is, terwyl die duet album, Dit is ons Lewe, met sy liefling, Chereé, baie gewild is by gehore.
Die paartjie is onlangs getroud en beplan opwindende dinge vir die toekoms, hou hulle maar dop!
Wynand is ewe gewild by TV vervaardigers as by die gedrukte media en het al op hoë profiel programme soos: Pasella; Sweepslag; Jukebox; Dis Hoe Dit Is Met Steve; DKNT, Fiesta; Roer; Liriekeraai.
En tydskrifte soos: Vrouekeur; Sarie; Huisgenoot en Die Burger verskyn. Wynand se musiek videos: Wie Weet, Dit Is Ons Lewe (duet met sy vrou, Chereé), Katrina, Anderkant van Blou en Vasgevang In My, word gereëld op TV gesien.
Sy se volgende album sal teen middel 2010 vrygestel word en beloof om sy aanhangers te verras met met ‘n heel nuwe aanslag met musiek wat spesifiek vir sy unieke, diep-, donker stem geskryf is deur skrywers soos Tony Ridgway en Pierre Rossouw.
Wynand Strydom neem sy gehoor op ‘n musikale reis met sy diep-, donker-, rasperstem en eerlike interpretasies.
Hy kan bespreek word vir enige okkasie en beloof om ‘n groot sukses by enige tipe gehoor te wees.
Suid Afrikaanse Kunstenaars